Soorte resepte:

Resep-video: Konfyt-en-klappertertjies

Konfyt-en-klappertertjies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Lewer sowat 12 tertjies

Bestanddele

  • 1 rol skilferkorsdeeg, ontvries
  • 12 t gladde appelkooskonfyt
  • 2 eierwitte
  • 5 e strooisuiker
  • 1 t vanieljegeursel
  • ¾ k klapper
  • ½ t bakpoeier

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C en spuit ʼn muffinpan met 12 holtes met kossproei.
  2. Rol die skilferkorsdeeg uit en druk sirkels uit die deeg wat groter is as die muffinpan se holte.
  3. Skep ʼn vol teelepel appelkooskonfyt in elke doppie.
  4. Klits eierwit tot styf in ʼn aparte, skoon mengbak en voeg strooisuiker geleidelik by.
  5. Vou vanieljegeursel, klapper en bakpoeier versigtig by die styfgeklopte eierwitte.
  6. Skep ʼn eetlepel klapper-mengsel bo-op die appelkooskonfyttertjies en maak dit platter met die agterkant van ʼn lepel.
  7. Bak vir 10-15 minute teen 200 °C of tot die klapperbolaag bruin raak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Liezl ·

En so kyk ek nou na die ‘klappertertjies’ en net die ander dag koop ons klappertertjies en ek sê vir my man die hertzoggies is darem baie lekker. My ouma het vreeslik lekker Hertzoggies gemaak, so ek is veronderstel om dit te ken. Hy sê toe dadelik wat die verskil is, want hy kan nou vir jou bak! Wil hom nog vir kokkedoor inskryf. Hertzoggies is met meringue en klappertertjies is nie. Hierdie resep is nie klappertertjies nie, het ek ook nou maar geleer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.