Dié maklike melktert sal in enigeen se skedule pas!
Bestanddele
- 1 ℓ melk
- 250 g botter (of margarien)
- ¾ k mielieblom, aangemaak met ʼn klein bietjie water
- ¾ k suiker
- 2 eiers
- knippie sout
- 1 t vanieljegeursel
Metode
- Plaas die melk en botter (of margarien) in ’n pot en verhit totdat die botter smelt en die mengsel begin kook.
- Voeg die res van die bestanddele by en kook stadig vir 10 minute. Roer deurgaans, anders brand dit aan en maak klonte.
- Gooi in ’n gesmeerde tertbak, met of sonder ’n kors van keuse. Laat afkoel.
- Plaas die tert in die yskas en bedien koud.
Resep: Willie Strauss
Koop nou Moela Media se Melktertmeester-stel om dié resep te maak! Besoek ons winkel hier.
Baie lekker,ek maak dit gereeld
Lyk baie lekker !
klink vinnig en maklik, sal dit gerus probeer. Dankie.
Weet iemand dalk waar ek ‘n kors resep kan kry wat lekker is maar geskik is vir ‘n siel soos ek wat nog nooit baie geluk met korse gehad het nie?