Soorte resepte:

Resep-video: Njammie Nutella-churro’s

Njammie Nutella-churro’s (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dit is makliker om churro’s te maak as wat jy dink!
Genoeg vir 10 mense

Bestanddele

  • 1 k water
  • ¼ k (56 g) botter, in blokkies
  • 3 t bruinsuiker
  • ¼ t sout
  • 1 k koekmeel
  • 1 eier
  • 1 t vanielje
  • olie vir diepbraai
  • kaneelsuiker vir bedekking
  • ⅓ k Nutella-sjokoladesmeer
  • 2 t melk

Metode

  1. Verhit ʼn diep pan oor medium-hoë hitte. Gooi water, botter, bruinsuiker en sout in die pan en laat dit kook. Laat toe om te kook vir sowat 2 minute en meng dan die meel daarby in. Die deeg moet ʼn bal kan vorm wanneer dit gereed is.
  2. Haal die pan van die hitte af en plaas die deegbal in ʼn aparte bak. Laat die deeg vir 10 minute afkoel.
  3. Meng die vanielje en eier by die deeg in. Dit sal eers lyk asof die bestanddele nie wil meng nie, maar hou net aan om vinnig te roer tot ʼn deeg vorm.
  4. Skep die deeg in ʼn spuitsak.
  5. Spuit repies van die deeg in warm olie en knip dit af met ʼn skêr wanneer die churro die gewenste lengte bereik het. Braai dit in die olie tot goudbruin aan alle kante.
  6. Skep die gaar churro’s direk in voorbereide kaneelsuiker en bedek daarmee.
  7. Meng Nutella en melk en verhit vir 30 sekondes in die mikrogolf. Doop die churro’s in die sous of drup dit oor die churro’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Linda ·

Waarom nie n lekker resep van Lochner of Armand vir Vrouedag nie ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.