Heerlike smelt-in-die-mond sjokoladerolletjies! Blitsvinnig en smullekker!
Bestanddele
- 1 sny brood
- 1 groot e Nutella
- 2 eiers geklits
- bietjie olie
Metode
- Rol die sny brood effens platter.
- Smeer Nutella lekker dik op die brood, maar nie tot op die rand nie.
- Rol die brood op en rol dit dan in die geklitste eier. Gee dit kans om bietjie van die eier te absorbeer.
- Braai in ʼn pan met ʼn bietjie olie oor matige tot warm hitte vir ongeveer 5 minute of tot goudbruin.
- Geniet dadelik.
Wenk
Sprinkel ʼn klein bietjie kaneel oor voor jy die brood oprol vir ekstra smaak.
Resep: Janie Monsieur
Gou-gou gemaak, Heerlik!
2 eiers is genoeg vir 6 rolletjies.
Ek is seker ander vulsels,soos bv. Tuna met bietjie Mayonnaise, sal ook ‘n wenner wees.
Dankie.
Stem saam. Probeer ook grondboontjiebotter met suikerstroop gemeng.