Soorte resepte:

Resep-video: Oreo-bomme

Oreo-bomme (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie bomme proe amper soos Oreo-kaaskoek, en het net drie bestanddele!

Bestanddele:

  • 2 pakke Oreo-koekies
  • 200 g volroom-roomkaas
  • Sjokolade, gesmelt

Metode:

  1. Maak die Oreo-koekies goed fyn.
  2. Skep die roomkaas lepel vir lepel by die koekies in, en roer tussenin. Maak seker die mengsel raak nie te sag nie. Die roomkaas moet net die koekies klam maak.
  3. Rol nou die mengsel in balletjies en druk sosatiestokkies daarin.
  4. Rol die balletjies in sjokolade en laat dit in yskas afkoel vir ten minste 30 minute.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.