Paasfees is om die draai en dié lekkernye sal die perfekte nagereg én versiering vir jou Paastafel wees!
Bestanddele:
- 2 koppies wit/bruinsuiker
- 1 koppie botter
- ½ koppie melk
- ½ koppie kakao
- 2 koppies hawermout
- 2 koppies klapper
- 2 t vanielje
- sjokolade-eiertjies van jou keuse
Metode:
- Meng suiker, botter, melk en kakao in ’n groot pot oor lae hitte, tot botter en suiker gesmelt is.
- Verhoog die plaat se hitte totdat dit kookpunt bereik en dit behoorlik borrel. Kook vir ongeveer 5 minute, en roer tussen in indien nodig.
- Haal die pot van die hitte af en voeg die vanielje by en roer. Gooi nou die hawermout en klapper by en meng goed.
- Skep eetlepels vol van die mengsel op ’n plaat of skinkbord. Gebruik jou vingers om die balletjies in nessies te verander deur ’n holte in die middel te maak en die kante effens te lig.
- Laat die nessies afkoel in die yskas vir 1 uur.
- Gooi sjokolade-eiertjies of ander lekkers van jou keuse in die nessies.
Resep: Janie Monsieur
Ons noem die koekies mishopies, want Well it speak for itself. Sonder die eiertjies lyk dit soos mishopies is dit nie?