Soorte resepte:

Resep-video: Peppermint Crisp-tert

Peppermint Crisp-tert (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

ʼn Klassieke tert met ʼn resep só maklik dat enigeen dit kan bemeester!

Lewer 1 groot tert

Bestanddele

  • 500 g room
  • 1 blik karamelkondensmelk
  • 1 groot Peppermint Crisp-sjokoladestaaf
  • 2 pakke Tennis-beskuitjies
  • 1 klein Peppermint Crisp-sjokoladestafie

Metode

  1. Klits room styf en vou karamelkondensmelk daarby in.
  2. Kap die groot Peppermint Crisp-sjokolade grof en vou dit ook by die roommengsel.
  3. Pak ʼn laag Tennis-beskuitjies sodat die bodem van die bak bedek is.
  4. Skep die helfte van die roommengsel op die beskuitjies en smeer oor al die beskuitjies.
  5. Pak nog ʼn laag beskuitjies en smeer die res van die roommengsel oor.
  6. Kap of rasper die klein sjokoladestafie en sprinkel dit bo-oor saam met fyngedrukte Tennis-beskuitjies.
  7. Verkoel vir twee of meer uur in die yskas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kewertjie ·

Ek sit sommer peppermint caramel kondensmelk in myne. Te heerlik!

Dellie ·

Ek sit sommer peppermint karamel kondensmelk in my tert. Dit is heerlik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.