Soorte resepte:

Resep-video: Pienk Krispie-koek

Pienk Krispie-koek (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Dít is die perfekte partytjiekoek: taai, kleurvol en smaaklik! Én dis veel makliker as ʼn gebakte koek.

Lewer een groot koek

Bestanddele

  • 6 e botter, sag
  • 2 e vanieljegeursel
  • 12 k malvalekkers
  • bietjie sout
  • 12 k Rice Krispies
  • pienk/rooi kleursel
  • versiersuiker van jou keuse
  • sprinkels vir versiering

Metode

  1. Pienk Krispie-koek (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

    Smelt botter, vanielje, malvalekkers en sout saam in ʼn mengbak tot taai en sag.

  2. Meng Rice Krispies by die malvalekker-mengsel en roer goed deur.
  3. Skep ʼn derde van die Rice Krispie-mengsel in ʼn koekpan en druk met jou vingers plat.
  4. Gooi ʼn bietjie kleursel by die orige mengsel en roer deur. Skep nou die helfte daarvan ook in die koekpan en druk weer plat.
  5. Gooi nog kleursel by die laaste bietjie Rice Krispie-mengsel sodat dit donkerder is as die vorige twee lae. Druk dit ook vas in die koekpan.
  6. Laat dit afkoel vir sowat 1 uur.
  7. Sprinkel of smeer versiersuiker oor die koek en versier verder met sprinkels.

Wenk: Spuit jou hande elke keer voordat jy die Rice Krispie-mengsel platdruk met baksproei sodat dit nie aan jou hande vassit nie.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.