Soorte resepte:

Resep-video: Prettige pienk malvablokkies

Prettige pienk malvablokkies (Foto: Maroela Media/Janie du Plessis)

ʼn Lekker taai blokkie waarvan almal hou!

Bestanddele:

  • 3 eetlepels botter/margarien
  • 1 groot pak malvalekkers
  • 5 koppies Rice Krispies
  • 2 boksies Smarties

 

Metode:

  1. Smelt botter en malvalekkers in ʼn groot bak en mikrogolf vir 2 minuut op hoog en roer.
  2. Gooi dan Rice Krispies in terwyl die malvalekkers en botter nog warm is.
  3. Roer dit goed en gooi Smarties by.
  4. Gooi dit in ʼn bak en druk vas.
  5. Laat afkoel en sny in blokkies voor dit heeltemal afgekoel is.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hannah ·

Hmmmm…perfek vir die kleinkinders! Baie dankie vir die resep! Dink nogal die Pa sal dit ook wil eet…veral nou met oestyd wat nader kom en hy kort-kort ietsie soek om te kou!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.