Soorte resepte:

Resep-video: Pynappel-yskastert

Pynappel-yskastert (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie resep mors nie nog rond met afmetings nie. Een blikkie van dít, twee pakkies dát, dis mos hoe dit gedoen word!

Lewer 1 groot tert

Bestanddele

  • 1 blikkie (440 g) pynappelstukkies in stroop
  • 2 pakkies (2 x 80 g) pynappeljellie
  • 1 blikkie (380 g) ingedampte melk
  • 2 pakkies (2 x 200 g) Tennisbeskuitjies

Metode

  1. Dreineer pynappelstroop in ʼn bakkie en verhit dit vir 1 minuut in die mikrogolf.
  2. Gooi die jellie by die stroop en roer om op te los.
  3. Laat die jelliemengsel effens afkoel en roer dan pynappelstukkies by. Hou eenkant.
  4. Klits ingedampte melk styf en gooi dan pynappelmengsel daarby. Vou in tot alles gemeng is.
  5. Pak ʼn laag beskuitjies in ʼn tertbak en gooi die helfte van die pynappelmengsel bo-oor. Smeer dit plat met ʼn lepel. Pak nog ʼn laag beskuitjies en gooi die res van die mengsel oor. Smeer weer plat sodat die tert eweredig is.
  6. Laat oornag in yskas, sny in blokke en geniet!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chrissie ·

Ek het hierdie resep baie gemaak. My enigste probleem is dat die ingedampte melk wat jy deesdae koop, wil nie styf klits nie. Die soort wat altyd op die rakke was, is nou nie meer te koop nêrens nie.

LB ·

Dit is belangrik om die Ingedampte melk in die yskas te plaas totdat dit goed koud is anders sal dit nie styf klits nie.

E.K. die eerste ·

Jip – goeie en maklike outydse resep nes my ma dit gemaak het! DIS die tipe van resep waarvan ek hou. Niks se geklits die, weeg daai, skei doerie ens ens… Mens raak MOEG vir kook na baie jare doen en as mens nog werk ook soek jy maklike kortpad resepte.

Cathy ·

Mens kan enige ander ingelegde vrugte ook gebruik, soos bv Fruit Cocktail en dan Perske of Kersie jellie. Die Ingedampte melk
moet yskoud wees. Ek hou sommer dit altyd in die yskas.

Annemari ·

Ek gebruik 1 houertjie Orley Whip in plaas van die Ingedampte Melk en slegs 1 pakkie pynappeljellie poeier. Elke keer heerlik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.