Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade-en-malva-rolletjies

Sjokolade-en-malva-rolletjies (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Dié rolletjies is die definisie van smelt-in-jou-mond-lekkerte.

Bestanddele

  • fillodeeg
  • ʼn plak sjokolade
  • malvalekkers
  • olie vir braai
  • 1 e kaneel
  • 5 e suiker

Metode

  1. Sny die fillodeeg in blokkies van sowat 15 x 15 cm groot. Werk vinnig met die deeg, want dit droog baie maklik uit en maak dit dan onhanteerbaar. Hou die fillodeeg onder ʼn klam vadoek om te voorkom dat dit te vinnig uitdroog.
  2. Breek een rytjie sjokolade van die plak sjokolade af en plaas dit aan die bokant van die fillodeeg. Plaas ook twee malvalekkers bo-op die sjokolade en rol die deeg versigtig op.
  3. Rol dit eenkeer en maak dan die res van die deeg nat met water (sien video) en rol dan verder.
  4. Braai in olie tot goudbruin en rol in kaneelsuiker. Bedien warm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.