Soorte resepte:

Resep-video: Sjokolade-krakerrol

Sjokolade-krakerrol (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Smeer sommer ʼn lekker dik laag karamelkondensmelk op dié sjokoladerol!

Bestanddele

  • 2 e botter of margarien
  • 1 e kakao
  • sowat 20 malvalekkers
  • 3 k Coco Pops
  • 1 blik karamelkondensmelk

Metode

  1. Smelt botter en kakao saam.
  2. Gooi die malvalekkers by en smelt weer. Roer goed deur.
  3. Gooi die Coco Pops in en meng. Laat effens afkoel. (As jy dit nie laat afkoel nie, gaan dit te taai wees om plat te druk.)
  4. Spuit jou hande met kossproei en druk die Coco Pops-mengsel plat op ʼn uitgevoerde reghoekige bakplaat. Maak die kante gelyk sodat dit ʼn reghoek vorm.
  5. Smeer die karamelkondensmelk oor die Coco Pops-laag en rol versigtig op.
  6. Plaas vir 10-30 minute in die yskas en sny in skywe.

Resep: Janie Monsieur

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Resep-video's, Soetgoed

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Henrietta Klaasing ·

Lyk baie lekker, vinnig en eenvoudig om te maak. Dankie.

Marietjie Mostert ·

Sal waardeer as die resep “Sjokolade krakerrol” per e-pos aan my gestuur kan word. Baie dankie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.