Smeer sommer ʼn lekker dik laag karamelkondensmelk op dié sjokoladerol!
Bestanddele
- 2 e botter of margarien
- 1 e kakao
- sowat 20 malvalekkers
- 3 k Coco Pops
- 1 blik karamelkondensmelk
Metode
- Smelt botter en kakao saam.
- Gooi die malvalekkers by en smelt weer. Roer goed deur.
- Gooi die Coco Pops in en meng. Laat effens afkoel. (As jy dit nie laat afkoel nie, gaan dit te taai wees om plat te druk.)
- Spuit jou hande met kossproei en druk die Coco Pops-mengsel plat op ʼn uitgevoerde reghoekige bakplaat. Maak die kante gelyk sodat dit ʼn reghoek vorm.
- Smeer die karamelkondensmelk oor die Coco Pops-laag en rol versigtig op.
- Plaas vir 10-30 minute in die yskas en sny in skywe.
Resep: Janie Monsieur
Lyk baie lekker, vinnig en eenvoudig om te maak. Dankie.
Sal waardeer as die resep “Sjokolade krakerrol” per e-pos aan my gestuur kan word. Baie dankie
sjoe kyk caramel is maar die lekkerste ding op aarde en hierdie resep het sommer my aandag dadelik getrek. Ek gaan dit beslis probeer maak die naweek.