Soorte resepte:

Resep-video: Soetding oor die kole

Soetding oor die kole (Foto: Janie Monsieur)

Dié resep is net betyds vir Braaidag se braaivleisvure!

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 15 Nuttikrust-koekies
  • 1 Bar One (sjokolade)
  • 1 piesang

Metode

  1. Maak die koekies fyn en halveer die piesang en Bar One in die lengte.
  2. Knip ʼn blok van sowat 25 x 20 cm uit foelie en sit dit plat neer.
  3. Sprinkel nou 3-4 teelepels koekiekrummels op die foelie. Sit die halwe Bar-One daarop neer en die piesang bo-op dit.
  4. Draai die pakkie in foelie toe en braai oor matige kole terwyl jy dit gereeld draai om te voorkom dat die koekies brand.
  5. Haal dit van die vuur af en eet dit sommer direk uit die foeliepakkie uit!

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.