Soorte resepte:

Resep-video: Sondebolle

Sondebolle (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

ʼn Smullekker warm sjokolade-en-kaneelbol wat jou mond sal laat water!

Lewer sowat 12 bolle.

Bestanddele

  • 500 g brooddeeg
  • ½ k (50 g) botter, sag
  • 1 ½ e kaneel
  • ½ k klam bruinsuiker
  • ½ k gewone bruinsuiker
  • ½ k (100 g) sjokoladekrummels
  • ½ k room

Sondebolle (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Metode

  1. Rol die deeg uit tot dun op ʼn meelbestrooide oppervlakte. Sny die kante van die deeg af sodat dit ʼn reghoek vorm.
  2. Smeer die botter oor die deeg.
  3. Meng die kaneel, klam bruinsuiker en gewone bruinsuiker en sprinkel dit oor die deeg. Sprinkel die sjokoladekrummels ook oor.
  4. Rol die deeg op en sny dit in skywe.
  5. Pak die skywe in ʼn oondbak wat met botter uitgevoer is.
  6. Gooi room oor elke bolletjie en bak dit vir 25 minute teen 180 °
  7. Bedien louwarm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Shortie ·

Lyk heerlik ek gaan dit defnitief probeer!!
Laat my dink aan min of meer dieselfde resep wat ons by die kamp maak saam met ‘n braaivleisie. Die kaneel en sjokolade word dan net uitgelaat en ons noem dit ons “soet brood bolletjies”.

Agnes ·

Ek sou die sjokolade liewer later oorgooi wanneer dit amper klaar gebak is om uitloop op die bodem te voorkom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.