Soorte resepte:

Resep-video: Souserige sjokoladepoeding

Ons het nog nie iemand ontmoet wat nie van hierdie poeding hou nie!
Lewer sowat 6 porsies

Bestanddele

POEDING

  • 250 ml koekmeel
  • 1 e bakpoeier
  • 2 e kakao
  • ½ k suiker
  • knippie sout
  • 75 g botter, sag
  • 1 eier
  • ½ k melk
  • 1 e vanieljegeursel

SOUS

  • 500 ml water
  • 1 ½ k suiker
  • 30 ml kakao

Metode

POEDING

  1. Sif die meel, bakpoeier en kakao saam en meng suiker en sout daarby.
  2. Vryf die botter met jou vingerpunte by die meelmengsel in.
  3. Klits eier, melk en vanielje in ʼn aparte bak en meng dit by meelmengsel in. Giet in ʼn oondbak.

SOUS

  1. Kook water, suiker en kakao saam in die mikrogolf of op die stoof. Mikrogolf vir 10 minute op hoog en roer elke 3 minute.
  2. Gooi die warm sousmengsel oor ʼn lepel oor die beslag.
  3. Bak vir 30 minute teen 180 °
  4. Bedien met roomys of vla. Vir ʼn dikker sous, laat die poeding eenvoudig ʼn bietjie staan voordat jy dit bedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Zettie ·

O genade, dit lyk lekker. Toe ek nog kind was in my ouerhuis was dit my plig om die nagereg te maak elke Sondag. Die resep was soortgelyk soos bogenoemde, maar die nagereg het in die mikrogolg gebak. Ek het jare terug die resep al verloor en kan nie onthou wat die metode was nie. Sou baie graag daardie resep wil hê.

Rita Odendaal ·

Die lekkerste lekker. Ons maak altyd die sous dubbeld. Ryk en lekker!!!

Belinda ·

Nee 1e vanilla is reg. My resep is baie dieselfde. Dis altyd a wenner

Penellope Jones ·

Ek het ook nogal gewonder oor die eetlepel vanilla……

Te lekker ·

Dankie vir die een MM – dit was vinger-lek-lekker gewees!!!!!!

Wanda ·

Ekt dit vandag gemaak,vrek lekker.Het in mikrogolf gekook vir 8 minute.Sal dit volgende keer maak en styfgeklopte room op sit

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.