Soorte resepte:

Resep-video: Tjokkie-blokkie

Tjokkie-blokkie (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie koekiedeeg-blokkies word nie gebak nie, maar gevries!

Lewer sowat 32 blokkies

Bestanddele

  • 500g donker baksjokolade
  • 2 e klapperolie
  • ¾ k botter, sag
  • ¾ k klewerige bruinsuiker
  • ¼ k witsuiker
  • 1 ½ k koekmeel
  • 4 e melk
  • 1 k sjokoladekrummels

Metode

  1. Smelt die baksjokolade en klapperolie saam.
  2. Gebruik ʼn silikoon-ysbakkie en gooi van die gesmelte sjokolade daarin tot elke holte ʼn bietjie in het. Woel die sjokolade in die ysbakkie, sodat al die kante bedek word. Dreineer die res van die sjokolade uit deur die ysbakkie oor ʼn ander bak om te dop. Hou die orige sjokolade eenkant.
  3. Vries die ysbakkie vir 20 minute.
  4. Meng die botter, bruinsuiker en witsuiker saam met ʼn klitser tot sag en romerig. Gooi nou die meel en melk by en meng weer.
  5. Gooi die sjokolade krummels by en roer. Indien nodig kan jy jou hande gebruik om die koekiedeeg behoorlik te meng.
  6. Haal die ysbakkie uit die vrieskas en skep lepelsvol koekiedeeg in elke holte. Druk effens vas met jou vingers.
  7. Gooi die orige sjokolade bo oor en maak glad met ʼn lepel. Indien die sjokolade wat jy eenkant gehou het al gestol het, kan jy dit weer in die mikrogolf smelt en dan oor die koekiedeeg gooi.
  8. Vries weer vir 30 minute. Haal die ysbakkie uit en dop die blokkies uit die holtes uit. Hou in die yskas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Die Stem ·

Ek het ook gewonder oor die feit dat die Meel nooit gaargemaak word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.