Lekker, harde fudge soos jy dit kleintyd leer ken het!
Lewer sowat 20 blokkies
Bestanddele
- 3 k strooisuiker
- ½ k melk
- ½ k kondensmelk
- 125 g botter/margarien in blokkies gesny
- ½ t sout
- 2 e gouestroop
- 1 e vanieljegeursel
Metode
- Gooi die strooisuiker en melk in ʼn pot en begin die pot stadig verhit. Verhit tot die suiker opgelos is en roer deurlopend.
- Voeg die kondensmelk, botter, sout, vanieljegeursel en stroop by en roer tot alles goed gemeng is.
- Laat die mengsel kook en roer aanhoudend tot dit goudkleurig word en die mengsel verdik. Haal dit dan van die hitte af en klop vinnig met ʼn houtlepel sodat die mengsel nóg verdig.
- Werk vinnig, want die mengsel stol vinnig, en gooi die dit dan in ʼn uitgevoerde bak.
- Sny die beslag solank terwyl dit sag is, laat dit eenkant tot dit heeltemal afgekoel is, en sny dan weer deur.
Resep: Janie Monsieur
Wanneer kom die melk by?
By stap 1
DUH?!!!!!
Te lank gekook bandaar die droe tekstuur.
Ook nogal so gedink, lyk sandsuiker
Hierdie kan nie wag vir 1 April nie.
Maroela Media kondig aan dat ons van 15 Maart af ‘n blokkie op resepte gaan hê wat jy merk. En binne 24 uur word ‘n gratis porsie van die resep by jou afgelewer.
Is hier kenners wat dalk kan raad gee? Kan ek die goue stroop met gelyke hoeveelheid rou heuning vervang?