Soorte resepte:

Resep-video: Tradisionele fudge

Tradisionele fudge (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Lekker, harde fudge soos jy dit kleintyd leer ken het!

Lewer sowat 20 blokkies

Bestanddele

  • 3 k strooisuiker
  • ½ k melk
  • ½ k kondensmelk
  • 125 g botter/margarien in blokkies gesny
  • ½ t sout
  • 2 e gouestroop
  • 1 e vanieljegeursel

Metode

  1. Gooi die strooisuiker en melk in ʼn pot en begin die pot stadig verhit. Verhit tot die suiker opgelos is en roer deurlopend.
  2. Voeg die kondensmelk, botter, sout, vanieljegeursel en stroop by en roer tot alles goed gemeng is.
  3. Laat die mengsel kook en roer aanhoudend tot dit goudkleurig word en die mengsel verdik. Haal dit dan van die hitte af en klop vinnig met ʼn houtlepel sodat die mengsel nóg verdig.
  4. Werk vinnig, want die mengsel stol vinnig, en gooi die dit dan in ʼn uitgevoerde bak.
  5. Sny die beslag solank terwyl dit sag is, laat dit eenkant tot dit heeltemal afgekoel is, en sny dan weer deur.

Resep: Janie Monsieur

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

April gek ·

Hierdie kan nie wag vir 1 April nie.
Maroela Media kondig aan dat ons van 15 Maart af ‘n blokkie op resepte gaan hê wat jy merk. En binne 24 uur word ‘n gratis porsie van die resep by jou afgelewer.

Estelle ·

Is hier kenners wat dalk kan raad gee? Kan ek die goue stroop met gelyke hoeveelheid rou heuning vervang?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.