Soorte resepte:

Resep-video: Vinnige vlaskywe

Vinnige vlaskywe (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie vlaskywe is vrolik en word blitsvinnig in die mikrogolf gemaak.

Lewer sowat 18 vlaskywe

Bestanddele

  • 1 k (250 ml) suiker
  • ½ k (125 ml) vlapoeier
  • 1 ℓ melk
  • 80 ml botter/margarien
  • 20 ml vanieljegeursel
  • 1 pak Cream Crackers-beskuitjies

Versiersel

  • 1 k versiersuiker
  • 1 e suurlemoensap
  • kookwater
  • pienk voedselkleursel

Metode

  1. Meng suiker en vlapoeier saam.
  2. Voeg melk, botter en geursel by en meng weer.
  3. Mikrogolf die melkmengsel vir 8 tot 10 minute op hoog. Roer ná elke 2 minute. Die mengsel moet dik en geel wees.
  4. Pak die beskuitjies in ʼn bak sodat al die breeklyne horisontaal lê.
  5. Gooi of skep al die vla oor die beskuitjies. Pak weer ʼn laag beskuitjies bo-op met die breeklyne dieselfde as die onderste laag. Dit sal help dat elke vlaskyf mooi in ʼn halwe Cream cracker gesny kan word.
  6. Meng die versiersuiker, suurlemoensap en water saam. Bepaal hoeveel water jy gebruik deur hoe dik die versiersuiker raak. Drup pienk kleursel en meng effens sodat die wit en pienk albei sigbaar is.
  7. Gooi die versiersel oor die koekies, maar keer dat dit aan die vla self raak. Laat afkoel en verkoel dan in die yskas vir 3 uur.
  8. Sny in skywe op die breeklyne van die beskuitjies en geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Saartjie ·

Alles klink goed totdat dit by die pienk voedselkleursel kom … agge nee … ek sal my weergawe maar by die natuurlike kleur hou.

Pensioenaris ·

Klink heerlik, so pas gemaak met groen kleursel. Nou om 3ure om te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.