Soorte resepte:

Resep: Vla-roomys

Vla-roomys (Foto: Gunsteling poedings, Lapa)

Probeer gerus hierdie roomys. Dit is immers naweek!

Lewer 8 porsies

Bestanddele

  • 1 blik (385 g) Clover-kondensmelk
  • 2 k (500 ml) klaar bereide vla
  • 1 t (5 ml) vanieljegeursel
  • 1¼ k (375 ml) Clover-room, styf geklits

Opsioneel

  • 100 g fudge, in klein blokkies gesny
  • 100 g Crunchie, gekap
  • 100 g sjokoladeskerfies

Metode

  1. Klits die kondensmelk, vla en vanieljegeursel saam in ʼn mengbak. Vou die room in en meng goed deur. Voeg enige ander bestanddele na keuse by.
  2. Giet die mengsel in ʼn vriesbak en bedek. Vries vir 30 minute en maak dan met ʼn vurk fyn sodat die yskristalle opbreek. Herhaal die stap nog twee keer en laat die mengsel dan ten volle vries.

Bron: Gunsteling poedings

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Avra ·

Ek lief dit om my eie roomys te maak. Het omtrent 15 verskillende resepte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.