Probeer gerus hierdie roomys. Dit is immers naweek!
Lewer 8 porsies
Bestanddele
- 1 blik (385 g) Clover-kondensmelk
- 2 k (500 ml) klaar bereide vla
- 1 t (5 ml) vanieljegeursel
- 1¼ k (375 ml) Clover-room, styf geklits
Opsioneel
- 100 g fudge, in klein blokkies gesny
- 100 g Crunchie, gekap
- 100 g sjokoladeskerfies
Metode
- Klits die kondensmelk, vla en vanieljegeursel saam in ʼn mengbak. Vou die room in en meng goed deur. Voeg enige ander bestanddele na keuse by.
- Giet die mengsel in ʼn vriesbak en bedek. Vries vir 30 minute en maak dan met ʼn vurk fyn sodat die yskristalle opbreek. Herhaal die stap nog twee keer en laat die mengsel dan ten volle vries.
Bron: Gunsteling poedings
Uitgewer: Lapa
Ek lief dit om my eie roomys te maak. Het omtrent 15 verskillende resepte