Lewer sowat 18 koekies
Bestanddele
- 140 g (250 ml) koekmeelblom
- 60 g (70 ml) botter, in blokkies gesny
- 70 g (80 ml) strooisuiker
- 5 ml suurlemoenskil, gerasper
- 30 ml suurroom
Vrugte-en-neutbolaag
- 160 g (250 ml) pitlose rosyne, fyngekap
- 45 g (60 ml) dadels, fyngekap
- 45 g (60 ml) droë vye, fyngekap
- 55 g (160 ml) pekanneute, fyngekap
- 25 g (60 ml) amandels, gevlok
- 30 ml suurlemoensap
- 1 eier
- 70 g (80 ml) sagte bruinsuiker
- 30 ml koekmeelblom
Metode
- Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Smeer ʼn reghoekige pan van 30 x 20 cm en voer die pan met waspapier uit (ook die kante). Smeer die waspapier ook.
- Sif die meel en voeg die botter, suiker en skil by. Vryf die botter in tot die mengsel fyn en krummelrig is. Voeg die room by en meng dit tot ’n sagte deeg.
- Druk die deeg in die voorbereide pan, maak die oppervlak gelyk en prik met ’n vurk.
- Bak vir 15 minute of tot goudbruin. Verwyder uit die oond.
Vrugte-en-neutbolaag
- Meng die vrugte en neute met die suurlemoensap in ’n mengbak.
- Klop die eier en suiker saam vir vyf minute of tot dit lig en glansend is.
- Meng die eiermengsel, vrugte en meel goed saam en smeer oor die kors van die pan. Plaas dit weer in die oond en bak vir nog 30 minute. Laat dit in die pan afkoel en sny in diamante.
Bron: 101 kleinkoekies deur Nettie Cilliers
Uitgewer: Lapa