Soorte resepte:

Resep: Vrugte-en-neutdiamante

Vrugte-en-neutdiamante (Foto: Lapa-uitgewers)

Lewer sowat 18 koekies

Bestanddele

  • 140 g (250 ml) koekmeelblom
  • 60 g (70 ml) botter, in blokkies gesny
  • 70 g (80 ml) strooisuiker
  • 5 ml suurlemoenskil, gerasper
  • 30 ml suurroom

Vrugte-en-neutbolaag

  • 160 g (250 ml) pitlose rosyne, fyngekap
  • 45 g (60 ml) dadels, fyngekap
  • 45 g (60 ml) droë vye, fyngekap
  • 55 g (160 ml) pekanneute, fyngekap
  • 25 g (60 ml) amandels, gevlok
  • 30 ml suurlemoensap
  • 1 eier
  • 70 g (80 ml) sagte bruinsuiker
  • 30 ml koekmeelblom

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smeer ʼn reghoekige pan van 30 x 20 cm en voer die pan met waspapier uit (ook die kante). Smeer die waspapier ook.
  3. Sif die meel en voeg die botter, suiker en skil by. Vryf die botter in tot die mengsel fyn en krummelrig is. Voeg die room by en meng dit tot ’n sagte deeg.
  4. Druk die deeg in die voorbereide pan, maak die oppervlak gelyk en prik met ’n vurk.
  5. Bak vir 15 minute of tot goudbruin. Verwyder uit die oond.

Vrugte-en-neutbolaag

  1. Meng die vrugte en neute met die suurlemoensap in ’n mengbak.
  2. Klop die eier en suiker saam vir vyf minute of tot dit lig en glansend is.
  3. Meng die eiermengsel, vrugte en meel goed saam en smeer oor die kors van die pan. Plaas dit weer in die oond en bak vir nog 30 minute. Laat dit in die pan afkoel en sny in diamante.

Bron: 101 kleinkoekies deur Nettie Cilliers

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.