ʼn Lekker tert vir jou naweekgaste.
Lewer 1 groot tert
Bestanddele
KORS
- ’n knippie fyn kaneel
- 90 ml botter, gesmelt
- 300 g (1 ½ pakkie) Tennisbeskuitjies, fyngemaak
VULSEL
- 250 ml rooi glanskersies, gehalveer
- 60 ml kersielikeur
- 250 g (1 bakkie) geroomde maaskaas
- 125 ml strooisuiker
- 5 ml vanieljegeursel
- 250 ml dik room
- 100 g cappuccino- of melksjokolade, grof gekap
- 7,5 ml gelatienpoeier
- 20 ml water
- vars kersies of sjokoladekrulle, vir garnering
Metode
KORS
- Roer die kaneel by die botter en giet oor die fyngemaakte koekies. Roer tot goed gemeng.
- Druk die koekiemengsel in ’n gesmeerde 23 cm-tertbord vas.
VULSEL
- Week die kersies oornag in die likeur.
- Roer die maaskaas, strooisuiker en vanielje tot goed gemeng. Roer die room by.
- Roer die kersies met likeur en gekapte sjokolade by.
- Spons die gelatien oor water. Smelt oor ’n bakkie met warm water tot glad en sonder klonte. Roer by die roomkaasmengsel en skep in die koekiekors.
- Plaas in die yskas tot gestol.
- Versier met vars kersies of sjokoladekrulle.
Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 1 deur Marlo Carstens
Uitgewer: Lapa
Hoe spons jy gelatien oor water? Ek het op n plaas groot gewrord en is oor sestig, het nog nooit van so iets gehoor nie.