Soorte resepte:

Resep: Vrugte-yskastert

Vrugte-yskastert (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Lekker tert vir jou naweekgaste.

Lewer 1 groot tert

Bestanddele

KORS

  • ’n knippie fyn kaneel
  • 90 ml botter, gesmelt
  • 300 g (1 ½ pakkie) Tennisbeskuitjies, fyngemaak

VULSEL

  • 250 ml rooi glanskersies, gehalveer
  • 60 ml kersielikeur
  • 250 g (1 bakkie) geroomde maaskaas
  • 125 ml strooisuiker
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 250 ml dik room
  • 100 g cappuccino- of melksjokolade, grof gekap
  • 7,5 ml gelatienpoeier
  • 20 ml water
  • vars kersies of sjokoladekrulle, vir garnering

Metode

KORS

  1. Roer die kaneel by die botter en giet oor die fyngemaakte koekies. Roer tot goed gemeng.
  2. Druk die koekiemengsel in ’n gesmeerde 23 cm-tertbord vas.

VULSEL

  1. Week die kersies oornag in die likeur.
  2. Roer die maaskaas, strooisuiker en vanielje tot goed gemeng. Roer die room by.
  3. Roer die kersies met likeur en gekapte sjokolade by.
  4. Spons die gelatien oor water. Smelt oor ’n bakkie met warm water tot glad en sonder klonte. Roer by die roomkaasmengsel en skep in die koekiekors.
  5. Plaas in die yskas tot gestol.
  6. Versier met vars kersies of sjokoladekrulle.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 1 deur Marlo Carstens

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lalie ·

Hoe spons jy gelatien oor water? Ek het op n plaas groot gewrord en is oor sestig, het nog nooit van so iets gehoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.