Soorte resepte:

Resep: Vrugtefondue

vrugtefondue-Josh-Thirion

Vrugtefondue. Foto: Verskaf.

Bedien ses mense. Dit is ’n maklike en vinnige nagereg om aan jou vriende te bedien.

Bestanddele

  • 425 g kitsvla (soos Ultramel)
  • 75 g melksjokolade (in blokkies gebreek)
  • 3 appels
  • 3 piesangs
  • 3 nartjies
  • 175 g aarbeie
  • pitlose druiwe (mediumgrootte trossie)

Metode

  1. Skink die vla in ʼn middelslagpan en voeg die sjokolade by. Verhit stadig, roer aanhoudend vir ongeveer 5 minute, tot die sjokolade gesmelt het. Verwyder van die stoof en laat effens afkoel.
  2. Was intussen die vrugte. Sny die appel in eetbare stukkies. Sny die piesangs in dik skyfies en breek die nartjies in segmente. Verwyder die stingels en blare van die aarbeie deur hulle te draai en te trek. Pluk die druiwekorrels van die trosse af.
  3. Skink die warm sjokoladevla in ʼn middelslagbak en sit die bak op ʼn groot bord. Rangskik die vrugte rondom die bak op die bord en sit dadelik voor met fonduevurkies (of enige ander vurke of stokkies) om die vrugte te steek en in die sjokoladevla te doop.

Besoek Josh Thirion se webwerf vir meer inligting oor sy resepteboeke en luister hier na sy onderhoud met Maroela Media oor sy suksesse die jaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.