Soorte resepte:

Resep: Wafels

Wafels (Foto: Lapa-uitgewers)

Wanneer laas het jy wafels gemaak?

6 porsies

Bestanddele

  • 100 g Clover Mooi River-botter
  • 500 ml (2 k) koekmeel
  • knippie koeksoda
  • 5 ml (1 t) bakpoeier
  • 10 ml (2 t) strooisuiker
  • 2,5 ml (½ t) sout
  • 2 ekstragroot eiers
  • 500 ml (2 k) Clover Amasi
  • ekstra Clover-volroommelk indien te dik

OPDIENING

  • 250 ml (1 k) Clover- vars room
  • heuning of gouestroop

Metode

  1. Smelt die botter en hou eenkant tot benodig
  2. Meng die koekmeel, koeksoda, bakpoeier, sout en suiker in ’n mengbak en maak ʼn holte in die middel.
  3. Skei die eiers. Klits die eiergele en Amasi saam en roer die gesmelte botter by. Voeg die mengsel by die droë bestanddele en roer tot gemeng.
  4. Klits die eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit by die beslag in tot gemeng. Voeg ’n bietjie melk by indien die beslag te dik is.
  5. Verhit ʼn wafelpan tot warm. Skep die wafelpan net tweederdes vol met beslag, anders gaan dit uitbak.
  6. Bak vir 2 tot 3 minute of tot liggoudbruin

OPDIENING

  1. Klits die room tot styf. Sit die wafels saam met room en heuning of gouestroop voor.

Bron: Onthoukos

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.