Soorte resepte:

Resep: Warmsjokolade

Warmsjokolade (Foto: Lapa-uitgewers)

“Toe ek hierdie resep met ‘n vriend gedeel het, het hy vir my gesê: ‘Wow, dit klink superlekker, maar dit het nogal heelwat bestanddele. My warmsjokolade bevat net twee bestanddele: ’n Peppermint Crisp-sjokolade en ’n koppie room.’ H’m. Ja, buddy, jy dink dit bevat net twee bestanddele, maar in werklikheid bevat dit meer as 16, waaronder meer as drie daarvan laboratoriumkodes het en ek vyf daarvan nie eens kan uitspreek nie. Plus, ’n koppie van joune bevat sowat 33 g suiker, maar ʼn koppie van myne net sowat 4 g. Genoeg gepraat en gestry, kom geniet ʼn koppie skuldvrye, regte, egte warmsjokolade!” skryf Armand Aucamp in sy resepteboek, Armand kook kaal.

Lewer 2 porsies

Bestanddele

  • 500 ml onversoete amandelmelk of volroommelk
  • ½ blik (200 ml) klappermelk
  • 1 t vanieljegeursel
  • 40 g donkersjokolade (85% of 90%)
  • 2 e rou kakaopoeier
  • l e heuning of erythritol (opsioneel)

Metode

  1. Plaas die amandel- en klappermelk en die vanieljegeursel in ’n pot oor matige hitte totdat dit net warm begin raak. Dit moenie kook nie.
  2. Voeg die donkersjokolade by en roer totdat alles gesmelt het.
  3. Voeg die kakao by en gebruik ʼn vurk of eierklitser om dit te klits sodat daar geen klontjies oorbly nie.
  4. Proe aan die melk of dit soet genoeg is. Indien nie, voeg die opsionele heuning of erythritol by.
  5. Bedien in bekers wat jou aan jou kinderdae laat dink.

Bron: Armand kook kaal deur Armand Aucamp

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Heavenly ·

Shoe maar daai is mooi bekers !! En dit laat die warmsjokolade nog lekkerder lyk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.