Soorte resepte:

Resep: Witsjokolade-en-bessiekaaskoek

Witsjokolade-en-bessiekoek (Foto: Lapa-uitgewers)

ʼn Heerlike nagereg vir die feestyd!

Lewer een kaaskoek

Bestanddele

Krummelkors

  • 200 g (1 pakkie) Marie-beskuitjies, fyngedruk
  • 190 ml gesmelte botter

Vulsel

  • 30 ml gelatien
  • 125 ml water
  • 750 g geroomde maaskaas
  • 250 ml strooisuiker
  • 30 ml suurlemoensap
  • 500 ml room, styf geklits
  • 400 g witsjokolade, gesmelt
  • 425 g (1 blik) aarbeie of frambose, gedreineer
  • 425 g (1 blik) bloubessies of swartkersies, gedreineer
  • 60 ml rooi kersielikeur

Metode

Krummelkors

  1. Meng die beskuitjiekrummels en gesmelte botter en druk dit op die bodem van twee gesmeerde 23 cm-losbodem-veerkoekpanne vas.

Vulsel

  1. Strooi gelatien oor water en laat staan ’n rukkie totdat die gelatien die water geabsorbeer het. Smelt die oplossing oor ’n bakkie kookwater terwyl geroer word, tot goed opgelos of tot gelatienoplossing verhelder.
  2. Meng die maaskaas, strooisuiker en suurlemoensap en vou die room in. Roer die gesmelte sjokolade stadig by, voeg die warm gelatien by en meng goed.
  3. Verdeel die mengsel in twee. Voeg die aarbeie of frambose by die een helfte en die bloubessies of kersies en kersielikeur by die ander helfte.
  4. Skep die mengsels op die krummelkorse en verkoel oornag in yskas of tot gestol. As die koek gou gereed moet wees, kan dit in die vrieskas geplaas word tot gestol – ongeveer drie ure.
  5. Ontvorm die kaaskoeke. Plaas die een kaaskoek op ’n opdienbord en plaas die ander een versigtig bo-op. Versier dit soos verkies.

Bron: Soet en sout deur Margie van Tonder

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.