Resep uit Trooskos
¾ k (175 g) Clover Springbok botter
1¾ k (350 g) strooisuiker
5 eiers
2 e (30 ml) rooi koskleursel
3 e (45 ml) kakao
1 t (5 ml) vanieljegeursel
¾ t (3 ml) sout
2 k (280 g) koekmeel, gesif
¾ k (190 ml) Clover Inkomazi
1 t (5 ml) koeksoda
1 e (15 ml) asyn
Suurroomversiersel
½ k (115 g) sagte Clover Springbok botter,
¾ k (190 ml) Clover suurroom
¾ t (3 ml) suurlemoensap
4 – 4½ k (500–550 g) versiersuiker, gesif
Metode
- Voorverhit die oond tot 170 °C en sit papierkoekiekoppies in die holtes van 2 muffinpanne.
- Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits deeglik na elke byvoeging. Roer die kleursel, kakao, vanieljegeursel en sout by. Meng die meel en melk om die beurt in klein hoeveelhede by. Meng die koeksoda en asyn saam en roer dit by die beslag.
- Skep in die papierkoekiekoppies en bak 20 tot 25 minute tot deurgaar indien met ’n metaalpen getoets word. Verkoel heeltemal voordat dit versier word.
- Maak die versiersel. Klits die botter, suurroom en suurlemoensap saam met ’n elektriese handmenger en voeg die versiersuiker geleidelik by. Hou aan met klits totdat die mengsel verdik. Verkoel 30 minute.
- Versier die kolwyntjies en garneer soos verkies.
Genoeg vir 20 tot 24