Soorte resepte:

Rooi kolwyntjies met suurroomversiersel

Resep uit Trooskos

Bestanddele

¾ k (175 g) Clover Springbok botter
1¾ k (350 g) strooisuiker
5 eiers
2 e (30 ml) rooi koskleursel
3 e (45 ml) kakao
1 t (5 ml) vanieljegeursel
¾ t (3 ml) sout
2 k (280 g) koekmeel, gesif
¾ k (190 ml) Clover Inkomazi
1 t (5 ml) koeksoda
1 e (15 ml) asyn

Suurroomversiersel
½ k (115 g) sagte Clover Springbok botter,
¾ k (190 ml) Clover suurroom
¾ t (3 ml) suurlemoensap
4 – 4½ k (500–550 g) versiersuiker, gesif

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 170 °C en sit papierkoekiekoppies in die holtes van 2 muffinpanne.
  2. Room die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits deeglik na elke byvoeging. Roer die kleursel, kakao, vanieljegeursel en sout by. Meng die meel en melk om die beurt in klein hoeveelhede by. Meng die koeksoda en asyn saam en roer dit by die beslag.
  3. Skep in die papierkoekiekoppies en bak 20 tot 25 minute tot deurgaar indien met ’n metaalpen getoets word. Verkoel heeltemal voordat dit versier word.
  4. Maak die versiersel. Klits die botter, suurroom en suurlemoensap saam met ’n elektriese handmenger en voeg die versiersuiker geleidelik by. Hou aan met klits totdat die mengsel verdik. Verkoel 30 minute.
  5. Versier die kolwyntjies en garneer soos verkies.

Genoeg vir 20 tot 24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.