ʼn Maklike gooi-alles-in-een-bak-en-roer resep wat jou soettand sal bevredig.
Bestanddele:
- 1 medium bak volroom Griekse jogurt
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 bakkie mascarpone
- sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
- gekapte kasjoeneute
- druiwe
Metode:
- Meng jogurt en kondensmelk in bak en roer.
- Voeg mascarpone by en meng weer.
- Meng suurlemoensap, suurlemoenskil en neute by.
- Voeg nou druiwe by en meng weer versigtig.
- Bedien in ʼn glas of glasbakkie. Rasper suurlemoenskil bo-oor.