Soorte resepte:

Vrugtekoekvariasie: Vrugteblokkies

Vrugteblokkies (Foto: Lapa-uitgewers)

Dié blokkies sal selfs iemand wat nie van vrugtekoek hou nie, betower.

Lewer sowat 24 blokkies

Bestanddele

  • 100 g botter of margarien
  • 125 ml (100 g) witsuiker
  • 250 g dadels, fyngesny
  • 50 g rooi glanskersies, gehalveer
  • 25 g pekanneute, gekap
  • 1 groot eier, geklits
  • 5 ml vanieljegeursel
  • ¾ pak (150 g) Cream Crackers, in klein stukkies gebreek
  • 30 ml (10 g) fyn klapper

Metode

  1. Verhit botter of margarien, suiker en dadels saam oor lae hitte totdat dit gesmelt het en die dadels sag en warm is.
  2. Verwyder die dadelmengsel van die stoof en roer die kersies, neute, eier, geursel en beskuitjies by.
  3. Skep die mengsel in ’n gesmeerde 26 x 16 cm-koekpan en druk dit stewig vas met die agterkant van ’n vurk.
  4. Strooi klapper oor. Laat afkoel voordat dit in blokkies gesny word.

Wenk: Die stafies hou ’n week lank goed in ’n lugdigte houer op ’n koel donker plek. Gedurende warmer tye moet die blokkies verkoel word. Dit kan tot drie maande bevries word en by kamertemperatuur ontdooi.

Bron: Uitpakkos deur Hilda Lategan

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.