Welna Bezuidenhoudt
Wat hierdie wortelkoek van my ouma anders maak, is die piesang wat bygevoeg word. Dit maak die koek heerlik klam.
Bestanddele:
1 koppie bruinsuiker
1 koppie olie
3 eiers
375 ml koekmeel of bruismeel (los in laagenoemde geval die bakpoeier uit)
10 ml bakpoeier
10 ml kaneel
5 ml koeksoda
4 wortels, fyn gerasper
1 koppie fyn piesang
½ koppie okkerneute of klapper
Knippie sout
Bestanddele – versiersel:
100 ml maaskaas
100 g margarien
375 ml versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
2 teelepels suurlemoensap
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180 grade Celcius. Smeer 2 ronde oondpannetjies.
- Meng die suiker, olie en eiers.
- Sif die meel, bakpoeier, kaneel, koeksoda en sout saam. Meng by die eiermengsel.
- Voeg die piesang, wortels en okkerneute by.
- Skep die beslag in panne.
- Bak vir 25 minute. Laat effens afkoel. Keer uit op draadrakkies en laat heeltemal afkoel.
Metode- versiersel:
- Room die margarien en versiersuiker saam.
- Voeg die kaas, vanielje en suurlemoensap by.
- Versier die koek daarmee, en gebruik ekstra okkerneute bo-op.
Die koek is uit die boonste gestoeltes. Baie lekker, dis al wat my mense nou wil he.
Dankie
Nanny