Soorte resepte:

Resep: Vissop

Foto ter illustrasie

Probeer hierdie maklike sop voor die lente haar kop uitsteek!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

  • 1 snoekkop
  • 1 groot ui, fyngekap
  • 1 ℓ water
  • 1 groot aartappel, gerasper
  • 1 groot wortel, gerasper
  • 2 t gemengde kruie
  • Sout en witpeper na smaak
  • 250 ml room
  • Gebraaide broodblokkies (croutons, opsioneel)

Metode

  1. Plaas die snoekkop, gekapte ui en water saam in ’n pot. Verhit tot kookpunt, verminder die hitte en laat vir 15 min liggies prut.
  2. Giet die mengsel deur ’n sif en behou die vloeistof.
  3. Voeg die aartappel, wortel en gemengde kruie by die vloeistof. Verhit tot kookpunt, verminder die hitte en laat die sop liggies prut tot die groente gaar en sag is.
  4. Geur die sop met sout en peper na smaak.
  5. Roer die room deur die sop en strooi die gebraaide broodblokkies oor indien verkies.
  6. Bedien dadelik.

Bron: Kook saam Kaaps, Koelsoem Kamalie & Flori Schrikker

Uitgewer: Lapa-uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louis ·

Ek het dit al eenkeer geeet maar nooit iemand geken wat dit kan maak nie.
Gaan hom verseker safe en baie gebruik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.