Soorte resepte:

Sóveel kilojoules in jou gunsteling-sjokolade

Bar One (Foto: Pixabay)

Die kilojoules in kos, en veral in ons gunsteling-sjokolade, is iets waarop ons nie bedag is nie of oor omgee nie, maar tog is dit die moeite werd om ingelig te wees oor sjokolade en peuselhappies wat dalk meer (of minder!) kilojoules bevat as wat jy gedink het.

Kilojoules is ʼn eenheid waarin energie gemeet word. Wanneer dit by ʼn dieet kom word daar gewoonlik daarna verwys as die hoeveelheid energie wat ingeneem word (deur wat ons eet en drink) en die hoeveelheid wat uitgesit of verbrand word (deur oefeninge of daaglikse beweging).

In Suid-Afrika word daar na as kilojoules (kJ) in plaas van kalorieë (kcal), soos in Amerika, verwys.

Die basiese reël is 1kcal = 4,2 kJ. Vir ʼn regverdige vergelyking het ons gekyk na kilojoules per 100 g en nie per porsie grootte nie, so hou in gedagte dat die massa van die sjokolade die kilojoules per porsie kan beïnvloed.

Snacker (Foto: Cadbury)

Snacker: 1820 kJ

Nosh: 1888 kJ

Junglebar (bessies): 1890 kJ

Junglebar (neute): 1920 kJ

Niki: 1932 kJ

Bar One: 1938 kJ

Smarties: 1957 kJ

Crunchie: 1960 kJ

Snickers: 2018 kJ

Astro’s: 2075 kJ

Kit Kat (Foto: Pixasbay)

Lunch Bar: 2095 kJ

5 Star: 2098 kJ

Tex: 2125 kJ

Wonderbar (melksjokolade): 2155 kJ

Junglebar (grondboontjiebotter): 2170 kJ

KitKat: 2172 kJ

TV Bar (melksjokolade): 2285 kJ

TV Bar (witsjokolade): 2291 kJ

Jelly Babies (Foto: Pixabay)

Ander peuselhappies:

Wine Gums: 1130 kJ

Jelly Babies: 1164 kJ

Frito’s (tamatie): 1982 kJ

Doritos (kaas): 2014 kJ

Big Corn Bites (“BBQ”): 2078 kJ

Nik Naks (kaas): 2198 kJ

Simba Chips (“Smoked Beef”): 2203 kJ

Lay’s (“Salted”): 2240 kJ

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Erica Roos ·

Daai kj gaan my nou nie afsit om my favourite winegums te eet nie ek is nie eintlik ‘n chocolate fan nie

Marinda ·

Regtig, wie gee nou om vir die paar Kj. As ek ñ sjokolade wil eet of my gunsteling Winegums of jellytots, sal ek dit eet. Geen berig oor Kj gaan my deter nie.

Die lekker vet lewe ·

Die enigste gesonde dieet wat werk en volhoubaar is, is ‘n eetprogram wat alle voedselgroepe insluit, ook gesonde komplekse koolhidrate. As jy boonop gewig wil verloor op so ‘n dieetprogram moet jy porsie en kilojoule beheer toepas, met ander woorde eet minder om gewig te verloor en eet oorwegend reg en gesond om jou gewig te behou.

Dit is so jammer en ontstellend om soveel oorgewig mense in die winkels te sien, sommige is erg oorgewig. Sommiges is nog redelik jonk ook maar hulle sukkel al om te loop en te beweeg weens die oortollige baie vet. Dan is die koskarretjie vol gelaai met lekkergoed, reuse porsies vleis en verfynde gebak soos wit brood en koek en wienig vars groente en vrugte net aartappels en reuse bottels mayonnaise en room

ek sê maar ·

Ek lief my choccies. Ek eet een en “straf” myself om dan 2 keer vinnig om ons plot te stap (eenkeer is 1,2 km). Ek is heeltemal in my gewigsgrens en glo nie, en het nog nooit in my lewe gedieet nie. Dis sommer klomp bollie, low carb, mayo dieet druiwe dieet, die en daai, ad nauseum …bollie man. Ek is al 63 en ek is fine en geniet lekker eet en my choccies daarby. Ek kry genoeg oefening elke liewe dag so…

B ·

Jy sal verstom staan om te sien hoeveel jy WERKLIK moet doen om van ‘daai een tjokkie’ se energie ontslae te raak – dit neem omtrent aan ‘n marathon (42km) SONDER om iets in te neem terwyl jy draf, om van bv een Bar One se kj ‘ontslae’ te raak,
So ek dink 1km gaan dalk so 2g se kj ‘kos’.

Renate ·

Suzie, jy het die regte houding! Daar is belangriker dinge in die lewe.

MJ ·

Ek is 41 en was die afgelope Januarie vir die volle maand vir die eeste keer in my lewe op ‘n dieët. Nou hou ek my gewig waar dit is deur ‘n paar slegte gewoontes uit te sny en na porsie groottes te kyk. Al beteken dit minder chocies (want heaven knows dit bly darem lekker!). Wil nie die harde werk van dieët opmors vir ‘n chocolate nie!

Dina ·

Dankie vir die inligting. Mens is nie altyd bewus van hoeveel jy inlaai nie. Matigheid is egter die wagwoord.

barend v d westhuizen ·

dit is tyd dat al die kos vervaardiges en dokters op hou die man op die straat belieg oor wat is reg en verkeerde kos om te eet ons moet trug gaan en kos maak soos ons oumas en ma s
en vergeet van dat vet ongesond is wand al die kos waar vet uit gehaal is is suiker in gegooi lees net n biekie op daar die lae vet probukte

Nicola ·

Die antwoord bly eenvoudig. As jy n gesonde gewig wil handhaaf mag jy nie meer in neem as wat jy verbrand nie! 60 min se draf verbrand om en by 1600 kcal. Weet darem nie of ek na al daai harde werk n sjokoladie stafie in my mond gaan druk nie :)

Lizelda ·

Kom ons wees maar eerlik oor een ding… :-) Wanneer ek REGTIG af is of baie emosioneel is, is daar niks beter wat werk as om n Lint (wat ookal jou keuse is) in jou mond te sit, staaaadig te suig met jou oe toe en SIEDAAR sommer voel jy baie beter. :-) n Sjokelade op die regte tyd doen wondere, nou nie 7 elke dag nie maar een lekker enetjie dn en wan bly maar goed vd gemoed. :-)

ek sê maar weer ·

Aan B: wel, vir MY werk dit – ek bly binne my gewig. En die wat sê geen suiker – ook twak, ‘n gebalanseerde dieet bevat alles, vet suiker, koolhidrate ens ens. Toe ek jonk was het almal se diete brood, suiker, pap, aartappels ens ingesluit en niemand was so oorgewig en so gewig-behep as vandag nie. Die geheim is om soos in die ou dae te eet, lekker gekookte boerekos met brood en de lot ingesluit. Mense het egter meer gestap glo ek en nie rondgehang voor tv’s nie. Ek stap elke dag gemiddeld 5km – elke keer as ek ‘n choccie eet en dan in elk geval nog paar keer. Doen meeste huiswerk en tuinwerk ook nog so ek weier om ‘n gim ryk te maak as ek verniet fiks en gesond EN in my gewigsgrens kan bly.

Heksie ·

Ek eet wat ek wil wanneer ek wil.

As mense nie van my hou oor my paar oortollige rolletjies nie, moet hulle maar die deur gebruik, dit hang aan skarniere!

Skerpioen ·

Met die huidige petrol prys is daar nou minder geld in my budget oor vir chocolates…

Anoniem ·

Ek mis al die lekker sjokelades… En al die lekker goed wat ek kon eet en drink. Ek moet nou behoorlik man hunt net sodat ek nie sleg hoef te voel en sodoende dit nie kan geniet nie. Ek het darem nou iets gevind wat die lekkergoed vervang maar uit vrees dat dit ook gemerk sal word sal ek nie sê wat dit is nie. Dit is so hartseer dat hierdie Christelike land dit so vêr laat kom het… As julle weet wat ek probeer sê.

Ina ·

Nou weet ek hoekom is almal so stout….niemand eet meer ‘n ietsie soet…..

TS ·

Sulke inligting sal handig wees vir die wat gesond wil lewe. Meeste ou dikkes wat geen selfbeheersing wil toepas nie sal aanvallende houdings he.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.