Soorte resepte:

Spur wakker nostalgie aan in buiteland

Spur in Nieu-Seeland (Foto: Amy Baker)

Spur in Nieu-Seeland (Foto: Amy Baker)

Koeksisters, biltong, braaivleis… en natuurlik ook een van Suid-Afrika se gewildste kettingrestaurante, Spur, is van die goed waarna Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon die héél meeste verlang.

Só het ʼn groep oud-Suid-Afrikaners wat in Nieu-Seeland woon aan die North Harbour News vertel nadat ʼn Spur in Albany, noord van Auckland, in laat-Oktober sy deure oopgemaak het.

Mede-eienaar van dié restaurant, Jaco Jordaan, het aan dié gemeenskapskoerant vertel die restaurant is sedert sy opening elke dag vol bespreek.

Spur in Nieu-Seeland (Foto: Amy Baker)

Spur in Nieu-Seeland (Foto: Amy Baker)

“ʼn Jong meisie was só oorweldig toe sy die restaurant besoek het, sy het in trane uitgebars. Nadat mense die openingsaand bygewoon het, het nuus oor Spur in Nieu-Seeland soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei,” het Jordaan gesê.

“Die Dinsdag ná die opening was daar lang toue mense wat by die restaurant wou kom eet. Ons het nog nie ʼn enkele keer geadverteer nie.”

Jordaan en sy sakevennoot, Mark Farrelly, is albei afkomstig van Kaapstad.

Spur het reeds in 1967 sy deure in Suid-Afrika oopgemaak en het intussen ʼn gewilde huishoudelike naam geword.

Don en Jane Govender en hul kinders Sai en McKenzie, een van talle gesinne wat na Nieu-Seeland verhuis het, het gesê dié Spur “laat ʼn Suid-Afrikaanse voetspoor hier in Nieu-Seeland en neem ons weer terug huis toe. Ons wil keer op keer net teruggaan en meer hê.”

Bron: North Harbour News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Aster ·

Dis goeie nuus! Wil julle nie dalk ‘n paar spur restaurante in Kanada oopmaak nie. Stede bv. soos Calgary, Winnipeg, Vancouver en Edmonton ens.

Asjas ·

Koeksusters, biltong en braai – ja.
Spur – nee dankie. Meskien so paar jaar terug maar nou deesdae betaal jy deur jou nek vir ‘n stukkie vleis met baie groen blaartjies as versiering en dan is die stukkie vleis nie eers wat wonders nie.

LS ·

Ek eet al lankal nie meer by SPUR nie, dit is ONGELOOFLIK DUUR !!!
Nee wat, hou verby dankie !!!

Jef ·

Weet iemand dalk of Spur n status restaurant is ek bedoel verskeie restaurante word bekroon met n ster of twee of drie want dit kan dalk beantwoord word hoekom dit so duur is?
Ek het 35 jaar gelede by Spur ge eet van daar my vraag

Sakkie Kruger ·

Hoop dis goedkoper daar as hier by ons. Weet iemand waar kan mens finansiering vir uit eet kry

White Gaint ·

Is geweldig geskok in die naam van die Spur nl ” WHITE CLOUD”. Moet van die uitgewykte rassistiese Suid Afrikaners wees wat dit moes uitgedink het daar in NZ. Hier in SA sou julle aangekla word vir rassisme!!!

(GRAPPIE!!! Geniet die Spur en ons mis julle almal en is trots op alle Suid Afrikaner wat ook n sukses maak daar in die buiteland.)

Koos ·

Jou onkunde is duidelik: Aotea, die Maori naam vir New Zealand beteken “land of the long white cloud” Kan jy dalk nou twee en twee bymekaar sit?

SkarrelKind ·

Koos – dis nie nodig om ombeskof of beterweterig te wees as iemand ‘n grap maak nie – en ‘n toepaslike een – mens mag mos amper nie die woord “wit” gebruik nie. Dis polities nie meer korrek nie. Ek dink Grant was skerp. Cheer ‘n bietjie op dude!

BeHappy! ·

Ja, genade Koos, cheer ‘n bietjie op dude!
Ek dink Koos wil net vir almal wys hoe slim hy is. So kom ek help jou. Die Maori naam vir New Zealand is “AoteaROA”.

Stormrider ·

Die groep se standaarde het drasties versleg oor die jare, betaal ten duurste vir vleis met hompe vet van “n heelwat swakker graad as voorheen. Het vroeer die groep baue geniet – mis die ou dae

danie ·

Ek dink spur se kos is nog altyd die selfde, daar het net beter resturante om hulle oop gemaak .

Lena jonk ·

Ek al so bietjie aan die ou kant maar my familie hier in NZ het daar gaan eet en het net met lof van die Spur gepraat die jong manne was in die wolke oor die plek. Hier is ook n Suid Afrikaanse winkel wat die heerlikste biltong en droe wors maak eg uit Suid Afrika. Geniet maar julle Spur ook in SA. Groete uit NZ

GWB ·

Nou net terug gekom vanaf NZ. As julle dink spur hier is duur dan moet jul daardie pryse sien.
R380 vir buffalo wings. Dis belaglik. Spur oral n ripoff, maar daar is hulle mal

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.