Soorte resepte:

Resep: Varkworsies in ’n pikante sous

ʼn Vinnige resep vir vanaand se aandete.

Lewer 6 Porsies

Bestanddele

  • 500 g varkworsies
  • 15 ml (1 e) botter
  • 1 ui, gekap
  • 1 groen soetrissie, onpit en gekap
  • 10 ml (2 t) matige kerriepoeier
  • 2,5 ml (½ t) paprika
  • 15 ml (1 e) koekmeel
  • 250 ml (1 k) hoenderaftreksel
  • 30 ml (2 e) appelasyn
  • 10 ml (2 t) suiker
  • 1 x 440 g-blik pynappelstukkies
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode

  1. Braai die varkworsies volgens die aanwysings op die verpakking en sny dit in skyfies.
  2. Verhit die botter in ʼn braaipan en soteer die ui en soetrissie vir ʼn paar minute. Roer die kerriepoeier en paprika by en soteer nog ʼn paar minute.
  3. Roer die meel by en roer dan die aftreksel geleidelik by om ʼn sous te vorm.
  4. Voeg die asyn, suiker en pynappelstukkies met die vloeistof by en prut vir ʼn paar minute tot die sous verdik.
  5. Roer die worsies by, verhit dit tot deurwarm en geur na smaak. Sit dit voor op kapokaartappels, pasta of rys.

Bron: Lekker & Vinnig: Worsgeregte (Uit: Spogresepte van die Suid-Afrikaanse Vroue-Landbou-unie deur Heleen Meyer)
Uitgewer: Lapa 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.