Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Eetbare blommerangskikking

Eetbare blommerangskikking (Foto: janie Monsieur/Maroela Media)

ʼn Heerlike slaai wat sommer pragtig lyk ook!

Bestanddele

SOUSE

  • grondboontjieolie
  • 1 lemmetjie se sap
  • koljander
  • mayonnaise
  • blatjang
  • klappermelk
  • gekaramelliseerde uie
  • grondboontjiebotter

SLAAI

  • 2 groot koppe blaarslaai
  • kaas, in vingers gesny
  • kappertjies

Metode

SOUSE

Sous 1: Meng grondboontjieolie, lemmetjiesap en gekapte vars koljander saam in ʼn bakkie en hou eenkant.

Sous 2: Meng mayonnaise en blatjang en hou eenkant.

Sous 3: Meng klappermelk, uie en grondboontjiebotter saam. As die grondboontjiebotter nie sag is nie, sit dit vir ʼn paar sekondes in die mikrogolf en meng dan weer.

SLAAI

  1. Sit twee vol blaarslaaikoppe in ʼn groot slaaibak. Druk kaasvingers oral in die blaarslaai in. Breek kappertjies bo-op die slaai.
  2. Om te eet: Breek ʼn stuk blaarslaai af en draai kappertjies en kaas daarin toe. Doop nou die slaai-sigaar in die sous van jou keuse.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Resep-video's, Vegetariese geregte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Avra ·

Dit lyk so mooi – as of mens dit kan eet!

Pragtig. Ek hou van goed wat anders is.

humor ·

Ek wonder of Lochner al hierdie disse eet wat hy so improviseer

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.