ʼn Heerlike slaai wat sommer pragtig lyk ook!
Bestanddele
SOUSE
- grondboontjieolie
- 1 lemmetjie se sap
- koljander
- mayonnaise
- blatjang
- klappermelk
- gekaramelliseerde uie
- grondboontjiebotter
SLAAI
- 2 groot koppe blaarslaai
- kaas, in vingers gesny
- kappertjies
Metode
SOUSE
Sous 1: Meng grondboontjieolie, lemmetjiesap en gekapte vars koljander saam in ʼn bakkie en hou eenkant.
Sous 2: Meng mayonnaise en blatjang en hou eenkant.
Sous 3: Meng klappermelk, uie en grondboontjiebotter saam. As die grondboontjiebotter nie sag is nie, sit dit vir ʼn paar sekondes in die mikrogolf en meng dan weer.
SLAAI
- Sit twee vol blaarslaaikoppe in ʼn groot slaaibak. Druk kaasvingers oral in die blaarslaai in. Breek kappertjies bo-op die slaai.
- Om te eet: Breek ʼn stuk blaarslaai af en draai kappertjies en kaas daarin toe. Doop nou die slaai-sigaar in die sous van jou keuse.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
https://www.youtube.com/watch?v=ey-seJEF-mw
VIDEO IS NIE BESKIKBAAR NIE. :(
Dit lyk so mooi – as of mens dit kan eet!
Pragtig. Ek hou van goed wat anders is.
Ek wonder of Lochner al hierdie disse eet wat hy so improviseer