Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Hollandse broodjie

Lochner de Kock (Skermgreep uit die video)

Dié week maak Lochner de Kock ʼn gereg wat sy herkoms vier!

Lewer 1 broodjie

Bestanddele

  • 1 sny brood
  • botter
  • 2 e maaskaas met kruie
  • 1 sny ham
  • 1 tamatie in dun skyfies gesny
  • 1 gebakte eier
  • kaas
  • sout en peper na smaak
  • basielkruid

Metode

  1. Meer die brood met botter en smeer dan die maaskaas bo-oor.
  2. Sit die ham, twee snye tamatie en die gebakte eier op die brood.
  3. Sprinkel met kaas en geur met sout en peper. Skep bietjie basielkruid bo-oor.
  4. Eet die broodjie net soos dit is, of laat dit in die oond rooster tot die kaas gesmelt is.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Dries du Toit ·

Lochner Mens eet daai broodjie seker net in Melville wat ver is van Boksburg nê

Hendrik van George ·

Mmmm. Lochner bewe so ek raak op my senuwees as hy daai tamatie sny….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.