Soorte resepte:

Resep-video: Hap saam met Lochner – Imam Bayildi

Lochner de Kock (Foto: Skerpgreep uit die video)

Hou jy van eiervrug? Beproef dié nuwe resep wat Lochner de Kock in die video maak!

Bestanddele

  • 3 klein eiervrugte, ontvel
  • ½ suurlemoen
  • ½ k olyfolie
  • 2 knoffelhuisies
  • vars mentblare
  • gemmer

Metode

  1. Druk eiervrug met ʼn vurk fyn.
  2. Druk suurlemoen uit oor die eiervrug, vang die pitte met jou hande.
  3. Gooi die olie by en roer.
  4. Maak die knoffel fyn en gooi by eiervrugmengsel.
  5. Kap die mentblare en gemmer saam fyn en gooi dit ook by.
  6. Meng goed en sit voor op vars brood.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.