Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Ouma Elise se macaroni-en-kaas

Ouma Elise se macaroni-en-kaas (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Lochner de Kock maak dié week een van sy ma se geliefkoosde geregte.

Bestanddele

  • 1 k melk
  • 3 eiers
  • kaas, gerasper
  • spinasie, gekap
  • sowat 10 rosa-tamaties, in die helfte gesny
  • 2 t warm mosterdpoeier
  • spek, gaargemaak
  • 2 k macaroni, gaargemaak

Metode

  1. Klits melk en eiers saam in ʼn bak.
  2. Voeg ʼn handjievol kaas, die spinasie, tamaties en warm mosterdpoeier by die eiermengsel en meng goed.
  3. Sprinkel die spek oor die bodem van ʼn oondbak en gooi die gaar macaroni daaroor.
  4. Giet nou die eiermengsel oor die bak met macaroni in en meng goed deur.
  5. Bedek met baie kaas.
  6. Bak vir ongeveer 30 minute teen 180 °C en bedien saam met slaai.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Katerina ·

Ja dis hoe ek myne maak, behalwe vir die spinasie ongelukkig. Eks baie lief vir spinasie maar my man en seun sal n aardige geween en gekners van tande opsit as ek spinasie naby hulle bring. As ek Mac+ Cheese wil maak maar vind ek het nie eiers nie gebruik ek n witsous ipv die melk en eiermengsel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.