Lochner de Kock maak dié week een van sy ma se geliefkoosde geregte.
Bestanddele
- 1 k melk
- 3 eiers
- kaas, gerasper
- spinasie, gekap
- sowat 10 rosa-tamaties, in die helfte gesny
- 2 t warm mosterdpoeier
- spek, gaargemaak
- 2 k macaroni, gaargemaak
Metode
- Klits melk en eiers saam in ʼn bak.
- Voeg ʼn handjievol kaas, die spinasie, tamaties en warm mosterdpoeier by die eiermengsel en meng goed.
- Sprinkel die spek oor die bodem van ʼn oondbak en gooi die gaar macaroni daaroor.
- Giet nou die eiermengsel oor die bak met macaroni in en meng goed deur.
- Bedek met baie kaas.
- Bak vir ongeveer 30 minute teen 180 °C en bedien saam met slaai.
Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.
Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red
Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:
Ja dis hoe ek myne maak, behalwe vir die spinasie ongelukkig. Eks baie lief vir spinasie maar my man en seun sal n aardige geween en gekners van tande opsit as ek spinasie naby hulle bring. As ek Mac+ Cheese wil maak maar vind ek het nie eiers nie gebruik ek n witsous ipv die melk en eiermengsel.