Soorte resepte:

Hap saam met Lochner: Vegetariese burger

Vegetariese burger (Foto: Maroela Media/Janie Monsieur)

Hierdie is nie wat-wou burger nie, dit is ’n behoorlike maaltyd en selfs al is jy nie ʼn vegetariër nie, sal jy hiervan hou!

Maak 1 vegetariese burger

Bestanddele

  • 1 avokado
  • spinasie, geblansjeer en sade oor gesprinkel
  • basiliekruid
  • 1 blikkie soetmielies
  • 1 k koekmeel
  • 3 eiers
  • grasuie, gekap
  • pietersielie, gekap
  • ½ suurlemoen se sap
  • 1 huisie knoffel
  • olyfolie
  • 1 skyf appel, dun gesny
  • aarbeikonfyt
  • sodawater
  • heuning

Metode

  1. Skil en ontpit ʼn avokado en sny dit in die helfte.
  2. Plaas die een helfte van die avokado op ʼn bed van die geblansjeerde spinasieblare. Skep 1 t basiliekruid in die holte van die avokado en hou eenkant.
  3. Meng nou die soetmielies, koekmeel, eier, grasuie, pietersielie, suurlemoensap en knoffel in ʼn groot bak.
  4. Verhit olie in ʼn pan en skep ʼn groot lepelvol soetmielie-mengsel in die pan. Braai tot goudbruin aan albei kante.
  5. Strooi ʼn bietjie sade oor die halwe avokado wat jy eenkant gehou het. Sny nou ʼn dun skyfie van die appel af en plaas dit ook op.
  6. Plaas dan die mieliekoekie ook daarop en plaas die ander helfte van die avokado bo-op.
  7. Smeer nog basiliekruid oor die boonste avokado.
  8. Maak ʼn sous van aarbeikonfyt en sodawater en gooi dit ook oor. Druip heuning ruim oor en rond af met nog sade.

Kyk in die video hoeveel van elke bestanddeel Lochner byvoeg, en pas dit gerus aan volgens jou persoonlike behoeftes.

Hierdie video is deel van ʼn reeks kosvideo’s wat Maroela Media saam met Lochner de Kock, bekende Suid-Afrikaanse koskenner, vervaardig. Die video’s word weekliks op Maroela Media gepubliseer. Kyk na al die Hap saam met Lochner-video’s op Maroela Media. – Red

Kyk hier hoe Lochner hierdie resep voorberei:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ouvrou ·

Is dit die roomsoort mielies? Dis nie baie duidelik nie. In ‘n vorige blomkoolgebak resep is ook gepraat van soetmielies, maar mens kan mooi sien dit is die roomsoort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.