Soorte resepte:

Resep: Basiliepesto vir pasta

Basiliepesto vir pasta. (Foto: Lapa Uitgewers)

Bêre orige pesto in ʼn gesteriliseerde flessie, met ʼn dun lagie olyfolie bo-oor geskink, in die yskas.

Lewer ± 250 ml

Bestanddele:

  • 60 g vars basiliekruidblare
  • 2 knoffelhuisies, fyn gedruk
  • 50 g dennepitte of gemaalde amandels, liggies gerooster
  • 125 ml fyngerasperde Pecorino-, Parmesaan- of beleë wit Cheddarkaas
  • 125 ml olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode:

  1. Pesto: Plaas die basiliekruid, knoffel, pitte of neute, kaas en die helfte van die olie in ʼn voedselverwerker en meng goed saam of gebruik ʼn elektriese handmenger.
  2. Voeg die res van die olie by sodra dit ʼn pulp begin vorm. Geur na smaak en meng goed deur.
  3. Pasta: Verhit 3 liter water in ʼn groot kastrol tot kookpunt en voeg sout by. Kook die pasta tot net sag (al dente), dreineer en plaas dit terug in die warm kastrol. Roer 100-125 ml van die pesto deur en geur na smaak.

Bron: Lekker en Vinnig (Uit: Kos is op die tafel, Heleen Meyer)
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.