Trooskos is Clover se 13de kookboek en soos altyd is dit propvol staatmaker-resepte wat goed beproef is.
Genoeg vir 4 mense
Bestanddele:
- I e (15 ml) komynsaad
- I t (5 ml) koljander
- 3 e (45 ml) Clover Springbok-botter
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 2 uie, geskil en in ringe gesny
- I e ( I 5 ml) vars gemmer, gerasper
- I rooi soetrissie, ontpit en gekap
- 1–2 groen brandrissies, fyngekap
- ½ t (2 ml) borrie
- I x 410 g-blik kekerertjies, gedreineer
- I x 410 g-blik gekapte tamaties
- ½ k (100 g) spinasie
- ¼ k (60 ml) Clover-suurroom
- swartpeper
- sap van I lemmetjie
- 2 e (30 ml) vars koljanderblare, fyngekap
Metode:
- Rooster die komynsaad en koljander in ’n droë pan om die geure te ontwikkel. Maal dit met ’n vysel en stamper fyn.
- Verhit die botter in ’n pan en soteer die knoffel, uie en gemmer vir 3 tot 4 minute. Voeg die komyn en koljander by. Voeg die soetrissie by en braai nog 2 minute.
- Roer die brandrissie, borrie, kekerertjies en tamatie by en prut 10 minute.
- Voeg die spinasie en suurroom by en kook 3 tot 4 minute tot die spinasie verwelk het.
- Geur met swartpeper en roer die lemmetjiesap en koljanderblare net voor opdiening by.
Bron: Trooskos
Uitgewer: LAPA Uitgewers