Soorte resepte:

Resep: Lensiesop

Lensiesop (Foto: Lapa-uitgewers)

Wanneer laas het jy sop gemaak?

Lewer 6-8 porsies

Bestanddele

  • 30 ml (2 e) botter
  • 15 ml (1 e) kanola-olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 1 selderystingel, gekap
  • 1 wortel, in blokkies gesny
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 lourierblaar
  • 5 ml (1 t) matige kerriepoeier
  • 5 ml (1 t) fyn koljander
  • 5 ml (1 t) fyn komyn
  • 1 x 410 g-blikkie gekapte tamaties
  • 375 ml (1½ k) rooi of bruin lensies, afgespoel
  • 1,5 ℓ groenteaftreksel
  • 1 suurlemoen, in wiggies gesny
  • 250 ml (1 k) grofgekapte vars spinasie

Metode

  1. Verhit die botter en olie in ʼn swaarboomkastrol en braai die ui, seldery, wortel en knoffel vir vyf minute of tot die ui deurskynend is.
  2. Voeg die lourierblaar, kerrie, koljander en komyn by en braai dit liggies vir een minuut.
  3. Voeg die tamaties, lensies, aftreksel en suurlemoen by en verhit die sop tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir een uur liggies prut tot die lensies sag en romerig is. Voeg nog ’n bietjie water by indien nodig.
  4. Skep die suurlemoenwiggies en lourierblaar uit en gooi dit weg.
  5. Voeg die spinasie by die sop en laat dit vir nog vyf minute prut. Bedien dadelik.

Bron: 50 beste sop- en broodgeregte

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.