Soorte resepte:

Resep: Patat-en-mango-slaai

Patat-en-mango-slaai (Foto: Lapa-uitgewers)

Dit is ʼn lekker slaai vir ʼn kosblik!

Lewer 6 porsies

Bestanddele

SLAAI

  • 2 middelslag-patats met pers skil, in 3 x 3 cm-blokkies gesny
  • 15 ml makadamia- of kanolaolie
  • 2,5 ml sout
  • 1 groot ferm mango, in blokkies gesny
  • 60 ml grofgesnyde vars koljander
  • 60 ml gedroogde bosbessies
  • 60 ml geroosterde kasjoeneute

SLAAISOUS

  • 5 ml gerasperde vars gemmer
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 30 ml suurlemoensap
  • 60 ml laevet-klappermelk
  • 5 ml heuning
  • 5 ml fyngekapte groen brandrissie (opsioneel)

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 220 °C. Plaas aluminiumfoelie op ’n bakplaat.
  2. Versprei die patatblokkies op die bakplaat. Bedrup met olie en sprinkel sout daaroor. Rooster omtrent 30 minute tot sag. Roer af en toe. Laat die patats afkoel.
  3. Maak intussen die slaaisous deur al die bestanddele saam te roer.
  4. Plaas die mango en koljander in ’n slaaibak en meng saam met die afgekoelde patats en slaaisous.
  5. Sprinkel die bosbessies en neute daaroor. Sit warm of by kamertemperatuur voor.

Wenke:

  1. Sit voor saam met geroosterde of gerookte snoek (gekoop) of hoendersosaties (gekoop).
  2. Vervang die patats met kekerertjies, glutenvrye volgraanpasta of jong aartappels met die skil aan vir ekstra vesel.

Bron: Gesonde Kosblikkie deur Martie Hofmeyr en Janet Wiegand

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.